Visie en missiestelling
Soos enige besigheid begin; begin dit altyd met 'n droom, die droom verander in 'n passie en 'n passie gaan oor na aksie.
My passie was nog altyd onderrig. Soos die tye verander het, het die trant, waarmee dinge in ons hedendaagse lewe gebeur, net vinniger geword. Kinders kan nie altyd bybly met die vinnige veranderinge, die stresvolle situasies en druk wat deur die samelewing op hulle geplaas word nie. Kinders word oorweldig met prestasie, en moet ook tred hou met die veranderende samelewing, wat oorweldigend kan wees en onnodige druk op kinders plaas.
Daarom het ek die Tutorsentrum begin om leerders op hulle pad na volwassenheid te ondersteun, om in 'n veilige omgewing te kan presteer, om te kan leer in 'n omgewing wat boelievry is, om te voel soos 'n individu en net om hulself te wees, en om balans te handhaaf.