Grondslagfase: Gr. 1 tot Gr. 3
Hierdie fase, volgens die Impaq kurrikulum sluit in: Afrikaans, English, Lewensvaardighede en en Wiskunde.
Leeruitkomste:
Afrikaans: Luister en praat: Ons spoor leerders aan om te luister na stories en om toepaslik daarop te reageer, om na instruksies te luister en korrek uit te voer. Leerders sal aangemoedig word om 'n storie te vertel met 'n begin, middel en einde. Lees en klanke: Ons fokus op lees; gedeelde sowel as groepbegeleide lees. Addisionele leesvaardighede word ook aangebied, want 'n kind wat lief is vir lees, is ook lief vir leer. Leerders word ook geassesseer volgens hul letter-klank-verhoudings, herkenning van rymwoorde, bou van woorde en sinne. Skryf: Leerders word aangemoedig om prente te teken om 'n boodskap oor te dra. Hulle word ook geleer hoe om sinne te skryf met leestekens, hoofletters en om netjies en leesbaar te skryf.
English: Listening and speaking: Learners are required to listen to a story and react appropriately, should be able to understand basic vocabulary, and to tell a simple story. Reading and phonics: Learners are taught how to read a short text, match sentences to pictures and group words into word families and build simple words. Writing: Learners are also taught how to write sentences with familiar words, write own sentences as well as the use of correct punctuation in sentences.
Lewensvaardighede: Aanvangskennis, persoonlike en sosiale welsyn: Leerders word aangemoedig om deel te neem aan besprekings oor verskeie temas en om die kennis in hul daaglikse lewe toe te pas. Skeppende Kunste: Kreatiewe speletjies word gespeel en vaardighede word bevorder. Leerders word geassesseer volgens hul 2D visuele kuns, sowel as 3D visuele kuns. Liggaamsopvoeding: Leerders neem deel aan speletjies wat beweging, perseptuele-motoriese vaardighede bevorder, sowel as koordinasie, balans, ruimtelike orientasie, lateraliteit.
Wiskunde: Getalle, bewerkings en verwantskappe: Leerders word geleer om vorentoe en agtertoe te tel, om voorwerpe te tel, getalname en getalsimbole te identifiseer en te skryf. Leerders word geleer om getalle te vergelyk en getalle te orden en die plekwaarde van getalle te herken. Probleemoplossing: Leerders word geleer hoe om woordsomme te ontleed en op te los. Bewerkings: Leerders leer hoe om getalle op te tel, af te trek, hoe om geldsomme te doen en hoofrekene word ook aangemoedig. Patrone, funksies en algebra: Leerders leer om getalpatrone te identifiseer, groter en kleiner as. Ruimte en vorm: Leerders word geleer om 2D sowel as 3D voorwerpe te identifiseer, herken en teken. Meting: Leerders leer hoe om voorwerpe me meetinstrumente te meet. Leerders leer hoe om analoog, sowel as digitale tyd te lees en om dit te kan teken. Datahantering: Leerders word geleer om inligting vanaf 'n grafiek te interpreteer.