Doelwitte:


Esperanza Akademie streef daarna om elke leerder, volgens hul potensiaal, te ondersteun, te leer en om elke leerder se uniekheid te aanvaar. Ons veilige leeromgewing laat leerders op hulle gemak voel en terselfdertyd 'n balans te handhaaf.


By Esperanza Akadmie akkommodeer ons leerders wat sukkel om aan te pas in hoofstroomskole, en bied individuele aandag, kleiner klasse en fokus op elke leerder se vordering, deur geduld, liefde en samewerking.


Leerders voel onmiddelik tuis en op hulle gemak met die intrap-slag en vorm gou deel van ons 'familie'. Hegte vriendskappe word gevorm, emosionele bystand word gebied; begrip vir elke leerder is in ons belang. Leerders wat gelukkig is, op hulle gemak voel en die vrymoedigheid het om hulself te wees, vorder, floreer en presteer! Emosionele intelligensie bevorder ook akademies prestasie.